News

Oud-Heidelberger sterf ná hartaanval

‘n Hartaanval het gister (14 Mei) die lewe van oud-Heidelberger Tommie Jonck (50) geëis.

Tommie was vir jare ‘n inwoner van Heidelberg waar hy sy laer- en hoërskoolloopbane voltooi het. Hy het ook sy dienspligjare as luitenant by die Leërgimnasium in Heidelberg voltooi.

 

Tommie was ‘n kranige rugbyspeler vir Heidelberg in sy jongdae en was bekend vir sy sagte hart en oop hand. Sy gedenkdiens vind hierdie Vrydag (17 Mei) om 14:00 in Hoër Volkskool se saal plaas.

 

Volgs ons op:

Related Articles

Back to top button