Jagters leer hoe om kapers te hanteer

Die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaring Vereniging het op 9 Mei by Heidelberg Gholfklub byeengekom om meer te leer oor verdediging indien hulle hulself in ‘n kapingsituasie sou bevind.

Zet Robberts (voorsitter) het die vergadering afgeskop met ledebelange en die notule van die vorige vergadering.

 
Shalto Schoeman van EDA Krav Maga was die gasspreker en het met ‘n demonstrasie die jagters meer oor selfverdediging geleer. Hy het begin deur te vra hoekom ‘n kaper gewoonlik die pistool met slegs een hand vashou en met ‘n geboogde arm die wapen teen jou kop of venster druk.

 

“Want hy is nie opgelei nie en dus gebruik hy sy wapen as intimidasie in stede daarvan om werklike beheer oor die wapen uit te oefen,” het Schoeman gesê.

Verder sê Schoeman dat jy so vinnig moontlik uit die voertuig moet kom.

 

“Indien die geleentheid opkom om uit te klim, hardloop altyd in ‘n 45 grade rigting,” sê Schoeman.

 

Die rede hiervoor is dat jou kaper tonnelvisie het en slegs op dit wat reg voor hom is, konsentreer. Indien jy enige kinders in jou voertuig het, maak seker dat die kleuter karstoel reg agter die bestuurder se sitplek is. Dit verhoed dat jy nog om die voertuig moet loop om by jou baba of kleuter uit te kom.
Die demonstrasie was met hierdie idee gehou. ‘n Paar jagters was persoonlik al deur ‘n kaping geraak, dus was die kort les van onmeetbare waarde.
Die jagters het oudergewoonte hul vergadering afgesluit deur ‘n vleisie oor die kole te braai en gesellig saam te verkeer.
Vir verdere inligting oor die SAJWV kan Robberts by 082 320 6631 geskakel word. Die volgende vergadering sal op 13 Junie by Heidelberg Gholfklub om 19:00 plaasvind.

 

Volg ons op:
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version