Local newsNews

Goeiehoop VLU-lede vat armsvol toekennings huis toe

Goeiehoop VLU se dames is tydens ‘n prysuitdeling op 11 April vir hul harde werk die afgelope 12 maande vereer.

Lizette Pretorius (voorsitter) het die trofee vir die meeste punte (met ‘n totaal van 940) ontvang. Sy was ook die algehele wenner van die borduurwerk afdeling.

 
Anso Dijzel was die algehele wenner in die masjienwerk afdeling met Frieda Grobler wat in die breiwerk afdeling geseëvier het. Leonie Jacobs het in die Landbou afdeling uitgeblink en Ina Rosslee was die wenner van die gebottel- en gebak afdeling.

 
Marie Rosslee het met haar besonderse foto’s die fotografie afdeling gewen en Jackie Prinsloo was die wenner van die hekelwerk- en handvlyt afdelings.

 
Carol du Plessis is die tak se bobaas blommerangskikker.

 
Goeiehoop VLU vergader elke tweede Dinsdag van die maand om 16:00 aan huis van verskillende lede. Vir meer besonderhede kan Carol du Plessis by 083 233 9624 geskakel word.

 

 

 

 

Volg ons op:

 

 

Related Articles

Back to top button