Hoër Volkskool se sportspanne het vanjaar vir die eerstekeer aan die NWU Prestige Reeks deelgeneem.
Skole wat aan die prestige reeks deelgeneem het, is Noordheuwel, Marais Viljoen, Zwartkop, Potch Gimnasium, Montana, Middelburg, Lichtenburg, Potch Volkies, Jeugland, Volkskool, Wesvalia, Oosterlig, Die Anker, Hugenote, HTS Witbank en Randburg.
Volkskool se span het in elke uitdunwedstryd sowel as hul kwart- en semifinale wedstryde koning gekraai. Hulle het in hul finale kragmeting teen Hoërskool Noordheuwel se span te staan gekom waar die eindtelling uiteindelik 14 elk was. Albei spanne het puik spel gelewer en geen genade was aan teenstanders getoon nie. Die twee spanne deel die NWU prestige trofee vir o/16s.
Die span word deur deur Mnr Hennie Pieterse (skoolhoof) en Pieter Coetzer afgerig.
Follow us on: | ||