Local newsNews

Volkskool se o/16 A-rugbybulle beïndruk tydens hul debuut in NWU Prestige Reeks

Volkskool se o/16 A-rugbyspan het van die afskop af gewys dat hulle nie onderskat moet word nie.

Hoër Volkskool se sportspanne het vanjaar vir die eerstekeer aan die NWU Prestige Reeks deelgeneem.

 
Skole wat aan die prestige reeks deelgeneem het,  is Noordheuwel, Marais Viljoen, Zwartkop, Potch Gimnasium, Montana, Middelburg, Lichtenburg,  Potch Volkies, Jeugland, Volkskool, Wesvalia, Oosterlig, Die Anker, Hugenote, HTS Witbank en Randburg.

 
Volkskool se span het in elke uitdunwedstryd sowel as hul kwart- en semifinale wedstryde koning gekraai. Hulle het in hul finale kragmeting teen Hoërskool Noordheuwel se span te staan gekom waar die eindtelling uiteindelik 14 elk was. Albei spanne het puik spel gelewer en geen genade was aan teenstanders getoon nie. Die twee spanne deel die NWU prestige trofee vir o/16s.

 
Die span word deur deur Mnr Hennie Pieterse (skoolhoof) en Pieter Coetzer afgerig.

 

Follow us on:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button