Puik vertonings deur Ruan

Ruan het aan die 10-kamp deelgeneem, wat gewoonlik behels dat atlete oor twee dae deelneem, met vyf items wat per dag afgehandel word.

Ruan Claassens het Hoër Volkskool trots gemaak met sy uitnemende prestasies tydens die pasafgelope Atletiek Suid-Afrika (ASA) atletiekkampioenskappe wat van 25 tot 27 April by Germiston Stadion plaasgevind het. Ruan het aan die 10-kamp deelgeneem, wat gewoonlik behels dat atlete oor twee dae deelneem, met vyf items wat per dag afgehandel word.

 

‘n Kragonderbreking op 25 April het egter beteken dat Ruan sewe items die volgende dag moes voltooi!

 

Hy het in die volgende items die krane behoorlik oopgedraai: 100m (vierdeplek); verspring (derdeplek); gewigstoot (eersteplek); hoogspring (tweedeplek); 400m (derdeplek); 110m hekkies (vierdeplek); skyfwerp (eersteplek); paalspring (derdeplek); spiesgooi (tweedeplek) en 1500m (tweedeplek).

 

Hou gerus vir Ruan dop – dit is nie die laaste keer dat sy naam in ‘n koerant verskyn danksy voortreflike atletiekprestasies nie.

 

Volg ons op:
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version