News

Mnr Roothman groet Vissieland ná 21 jaar

Laerskool AG Visser se leerders, onderwysers en ouers het op 30 April vir Mnr Johan Roothman, wat ná 21 jaar as skoolhoof afgetree het, totsiens gesê.

Mnr Roothman het op dié dag sy laaste saalopening bygewoon en sy afskeidsboodskap gelewer. In sy boodskap het hy die verskillende fases van ‘n mens se lewe met die seisoene van die jaar vergelyk.

 

“In jou skooldae ervaar jy lente, die begin van alles nuut. Wanneer jy mondig (21 jaar oud) word, dan betree jy die somerseisoen, ‘n groen seisoen met reën en baie lewe. Tussen 40 en 60 jaar oud gaan jy deur die herfsseisoen. Dis die seisoen waar die blare van kleur verander en van bome begin afval. Laastens is daar die winterseisoen vir die bejaardes bo die ouderdom van 60. Dis ‘n koue en morbiede seisoen,” het hy gesê.

 

Die hele toespraak kom baie metafories voor.
Leerders van die skool is gevra hoe hulle oor Mnr Roothman voel. Volgens leerders het Mnr Roothman tyd vir ‘n grappie gehad en was daar altyd ‘n glimlag op sy gesig. Volgens een van die leerders is Mnr Roothman “Oud, maar nie koud!” Hy het respek aan almal betoon.
Mnr Roothman het gesê dat hy beplan om ‘n eiendomsagent te wees en gaan ook praktiese lesse vir universiteit studente aanbied.

 

Mnr Roothman word deur Mnr Leo Ehlers (waarnemende hoof) bedank vir sy diens aan Laerskool AG Visser. Mnr Roothman was die afgelope 21 jaar skoolhoof van Laerskool AG Visser. Tydens sy afskeid het Mnr Roothman ‘n praatjie oor die verskillende seisoene van ‘n mens se lewe gelewer.

 
Die afskeid is voltrek met leerders wat ‘n erewag vir hul geliefde Mnr Roothman gestaan het.

 

Volg ons op:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button