News

Oud-Heidelberger neem leisels van Luiperds Rugby Unie oor

Taylor meen hy sal beslis aan sy almamater se deur kom klop om puik spelers vir die Luiperds te werf.

Oud-Heidelberger Mervyn Taylor  is op 16 April as president van die Luiperds Rugby Unie aangewys en meen sy hoof doelwit is om te sorg dat die span weer die trots van Potchefstroom word.

 
Taylor (54) het die leisels by Andre May oorgeneem en sal ook sy plek op die Suid-Afrikanse Rugby Unie (SARU) se algemene raad volstaan. Hy dien reeds 10 jaar op die Luiperds se bestuur en sy betrokkenheid by die Varsity Cup se bestuurspan is sonder twyfel een van die redes waarom die kompetisie se gewildheid so toegeneem het.

 

Taylor se passie vir die sport is aan die voet van die Suikerbosrand by Laerskool AG Visser ontwikkel en hy het daarna sy liefde vir klipharde rugby by Hoër Volkskool uitgeleef. Taylor het aan die PUK studeer en hulle het hom later van tyd genader om by die universiteit se rugbyspanne betrokke te raak.

 
In 2005 het hy by Noordwes Universiteit as spanbestuurder aangesluit en hy was later ook hoof van die PUK Rugby Instituut.

 
Taylor maak soms nog ‘n draai in Heidelberg aangesien sy geliefde suster Mirna, wat as DA raadslid hier vuur en vlam stemme werf, ook sy bakkies so nou en dan wil sien. Taylor meen hy sal beslis aan sy almamater se deur kom klop om puik spelers vir die Luiperds te werf.

 

Volg ons op:

 

 

Related Articles

Back to top button