News

Dansers skud vere reg vir kompetisie in Amerika

Dié dansers het van 25 tot 30 Maart aan die Talent Africa kompetsie in Roodepoort by die Roodepoort Teater deelgeneem en almal het goue medaljes verower.

Dansers van René’s Art of Dance gaan in New York van 22 Junie tot 1 Julie aan die Talent America International kompetisie deelneem nadat hulle tydens die Talent Africa kompetisie vir dié oorsese kompetisie gekwalifiseer het.

Die volgende dansers is gekies om Suid-Afrika by Talent America International te verteenwoordig: Amoné Combrinck, Abigail Bornmann, Avonique van Rooyen, Abigail Gabrielli, Elizma Jansen van Nieuwenhuizen, Vanessa Sonnen, Nadia Steynberg, Deseré Steynberg, Zuané Rossouw en Kaylee van de Venter. Hulle word deur René McGeer afgerig.

 

Abigail Bornmann spog met haar sertifikaat en medaljes wat sy tydens Talent Africa gewen het. Sy is gekies om Suid-Afrika tydens die Talent America kompetisie in New York te verteenwoordig.

 

 


Elizma van Nieuwenhuizen se goue medalje in Hip-Hop het haar ‘n plek in die Suid-Afrikaanse span wat aan Talent America gaan deelneem, besorg.

 


Avonique van Rooyen het gekwalifiseer om deel te wees van die Suid-Afrikaanse span wat by Talent America in New York gaan dans.

 

Volg ons op:

 

 

 

 

Related Articles

Back to top button