Local newsNews

Besoek HERAUT se eerste kattebak verkoping

Almal word hartlik uitgenooi om aan HERAUT se eerste kattebak verkoping op 6 April by die Ou Tronk in Jordaanstraat deel te neem.

Hierdie is seker die deel waaroor jy wonder: “Kattebak verkoping? Wat op dees aarde is dit?” Jy hoef nie jouself te bekommer nie, want hier is ʼn paar wenke en idees om jou te help om die beste stalletjie uit die dorp te hê.

Deel die byeenkoms met jou Facebook vriende

Wat jy moet saambring:

  1. Alles wat jy wil verkoop – bring soveel as moontlik, want daar bestaan nie ʼn ding soos te veel geld maak nie.
  2. ʼn Groot tafel – leen ʼn tafel by ʼn vriend of familielid wat groot genoeg sal wees om al die produkte op te sit.
  3. Plastieksakke – amper elke ma in Suid-Afrika het hope Checkers sakke wat in die kombuiskas gebêre word. Gebruik die sakke om produkte wat klante koop in te pak (jy kan nie van jou klant verwag om drie storieboeke, ʼn hemp en ʼn stel CDs in sy broeksak te bêre nie!)
  4. Kleingeld – jy moet ten minste R200 – R300 se kleingeld by jou hê.

 

 

Hoe om jou stalletjie te laat uitstaan:

  1.  Vang oë – ʼn ses-jarige seuntjie is nie geïntereseerd in ʼn mikrogolfoond of oulike antieke bordjies nie. So maak seker dat jy ʼn verskeidenheid produkte verkoop.
  2. Daag ʼn bietjie vroeër op – jy sal dan kan kies hoe en waar jy jou stalletjie wil opstel.
  3. Kry ʼn plekkie langs ʼn aantreklike stalletjie – indien jy nie vroeg genoeg kon opdaag nie, moet jy ʼn stalletjie soek wat uitstaan en langs hom gaan parkeer, want daardie stalletjie kan die aandag na julle kant toe trek.
  4. Glimlag – niemand hou van ʼn nors oom of tannie wat dit maak lyk asof die lewe net eenvoudig te moeilik is nie. So gesels, glimlag en die belangrikste van alles, geniet dit!

Also read -> Reserve your space now for Heraut’s car boot sale

Items wat die beste verkoop:

  1.  Speelgoed.
  2. Babaklere en produkte.
  3. Juweliersware.
  4. Tegnologiese produkte.
  5. Boeke.

Die kattebak verkoping is van 09:00 tot 14:30.

Let asseblief dat geen kos stalletjies toegelaat word nie en dat daar ʼn fooi van R100 vooraf betaalbaar is.

Bespreek jou plek vandag deur Yvonne of Anet by 016 341 6373.

Jy kan ook ʼn e-pos na reception.heraut@lantic.net stuur.

Sien julle Saterdag!

 

Follow us on:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button