Local newsNews

Gemeenskap kom byeen vir antwoorde oor Mackenzieville behuising

Vreedsame protes by Nigel Landdroshof

‘n Vreedsame protesoptog is gister by die Nigel Landdroshof gehou om ‘n memorandum van griewe en eise te oorhandig (na die 21 Maart 2019 protes in MacKenzieville) wat in geweld geëindig het.

Die satelliet-polisiestasie van Alra Park is afgebrand en die Alra Park kliniek was geplunder.

Ongeveer 30 mense was by die protes teenwoordig. Hulle het vreedsaam byeengekom om die memorandum te oorhandig. Gelei deur plaaslike woordvoerder van Greater Nigel United Peoples Parliament (GRENUPP-BUF) en die Socialist Revolutionary Workers’ Party (SRWP) Golden Miles Bhudu, is die memorandum aan Adv Tshilidzi Larry Ramathikhithi, die Direkteur van Regsdienste in die Departement van Justisie en Konstitusionele Ontwikkeling omstreeks 11:00 op 1 April oorhandig.

Also read -> Human Rights Day ends in destruction in MacKenzieville

Die betogers het byeengekom om meer uit te vind oor die gearresteerde persone wat nog agter tralies is. Uit die vier mans is drie na bewering onwettige immigrante, maar dit moet nog bevestig  word. Bhudu het belowe dat hy die waarheid daarvan met tyd sal kry, aangesien hy nie die huidige ondersoek wil belemmer nie.

Golden Miles Bhudu spreek die gemeenskap van Alrapark en MacKenzieville toe.

Die memorandum  het ‘n paar sleutelpunte bevat wat die gemeenskap onder die aandag van die Departement van Justisie wou bring. Twee van die hoofpunte volgens hom  is die onmiddelike en onvoorwaardelike vrylating van alle gearresteerdes en die onttrekking van volgens hom versinde klagtes. In dieselfde asem word gevra dat die “sogenaamde polisiestasie in Alra Park wat ‘n (wit olifant geword het) sedert dit opgerig is, dringend herstel moet word.

Ander onderwerpe wat in die memorandum aangespreek  word, sluit in: korrupsie binne die arbeidsmark wat direk gekoppel is aan senior amptenare, ekonomiese ontwikkeling  waar die groep eis dat voorkeur aan onmiddellike en omliggende inwoners van die groter Nigel gemeenskap gegee word ten opsigte van werksgeleenthede by Gibela Rail en ander plaaslike maatskappye.

Gesondheidsbelange, soos die versoek na 24-uur klinieke, vinniger reaksie tyd vir paramediese dienste en beter toerusting, is in die memorandum voorgelê.

Sowat 30 inwoners het aan die optog deelgeneem.

Die memorandum sluit verder  in opvoeding wat klem lê op die arm opvoedkundige instellings wn chroniese oorbevolking. Skole in die groter Nigel-gebied word ‘n groter probleem. Die memorandum dring daarop aan dat hierdie saak as ‘n saak van dringendheid beskou word. Daarbenewens vereis die groep dat die geskiedenis en taal van die Khoisan ingesluit word in die plaaslike skole se kurrikulum, dat biblioteke oor ‘n wyer verskeidenheid Khoisan-geskiedenis beskik en dat die Khoisan-volk by die vestiging van hierdie programme betrokke sal wees. Inisiatiewe om waardigheidspakkies by skole te versprei, is ook hierin ingesluit.

Also read -> Watch: Alra Park Police Station up in flames

Maatskaplike ontwikkeling is ook aangeraak aangesien die beroep op beter sorg vir verswaktes, aftree-oorde vir bejaardes en aannemingsdienste ‘n groter probleem word, dit sluit in veilige huise vir behoeftiges. ‘n Oproep tot padveiligheid met betrekking tot die slaggate in die groter Nigel-gebied is ook onder die soeklig gebring, veral in die informele nedersettings.

Die vierblad-memorandum dek ‘n wye reeks griewe en vereistes van die Departement van Justisie. Bhudu het die protes optog  afgesluit deur die deelnemers van ‘n verdere protes op 22 Mei in te lig. Dit is die datum waarop die beskuldigdes van die MacKenzieville-protes in Nigel Landdroshof verskyn. Hy het die groep in kennis gestel dat dit ‘n vreedsame byeenkoms buite die hof sal wees, maar dat geen amptelike toestemming vir die protes gevra of gegee is nie.

Sal dit nog ‘n vreedsame protes wees, of sal die inwoners van Nigel ‘n herhaling van die MacKenzieville-protes op 21 Maart hê?

 

Follow us on:

Related Articles

Back to top button