Dit volg nadat die atlete puik vertonings tydens die Gauteng atletiekkampioenskappe op 8 en 9 Maart in Pretoria by Pilditch Stadion gelewer het.
Volkskool se atlete het die volgende prestasies tydens die Gauteng kampioenskappe bereik: Tweedeplek vir Janca Fouché (meisies o/17 100m); eersteplek vir Robinn Thorburn (o/17 meisies 400m), Favour Umeh verdien eersteplek in meisies o/17 hoogspring, eersteplek en nuwe Gauteng-rekord vir Karel Olwage in seuns o/17 hoogspring en JC van Tonder spog met vierdeplek (o/15 seuns 300m hekkies).
Lees ook Volkskool atletiekprestasies
Die leerders oefen nou kliphard vir die SA-kampioenskappe waar hulle teen die land se bestes gaan meeding.
Volg ons op: | ||
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.