NewsSchools

Atlete gereed vir SA skole atletiek kragmeting

Hoër Volkskool spog met nie minder nie as vyf atlete wat van 21 tot 23 Maart in Port Elizabeth aan die Suid-Afrikaanse Skole Atletiekkampioenskappe gaan deelneem.

Dit volg nadat die atlete puik vertonings tydens die Gauteng atletiekkampioenskappe op 8 en 9 Maart in Pretoria by Pilditch Stadion gelewer het.

Volkskool se atlete het die volgende prestasies tydens die Gauteng kampioenskappe bereik: Tweedeplek vir Janca Fouché (meisies o/17 100m); eersteplek vir Robinn Thorburn (o/17 meisies 400m), Favour Umeh verdien eersteplek in meisies o/17 hoogspring, eersteplek en nuwe Gauteng-rekord vir Karel Olwage in seuns o/17 hoogspring en JC van Tonder spog met vierdeplek (o/15 seuns 300m hekkies).

Lees ook Volkskool atletiekprestasies

Die leerders oefen nou kliphard vir die SA-kampioenskappe waar hulle teen die land se bestes gaan meeding.

 

Volg ons op:

Related Articles

Back to top button