Local newsNews

VatVas Dansorkes kort jou stem om ‘n Ghoema te wen

SMS PDG13 na 3992 om plaaslike musiekgroep te ondersteun

Die agtste kykNET Ghoema Musiektoekennings (2019 benoemings) bars uit sy nate met die bekendste name en persoonlikhede, mees opwindende optredes en die heel beste in Afrikaanse musiek.

Heidelberg se eie VatVas Dansorkes (bestaande uit Rudie Grobler:  ritme- en leier kitaar, Johan Duvenhage – ritme- en leier kitaar, Martin Viljoen – baskitaar en Koos van Dyk op dromme) is vanjaar genomineer vir ‘n toekenning in die kategorie vir Beste Boere/Tradisionele Musiekalbum.

Die ander twee nominasies in dieselfde kategorie is Armand Steenkamp en Brian Nieuwoudt & Fred Rheeder.

Al wat Heidelberg se manne nou benodig, is dat inwoners en ondersteuners vir hulle moet stem!

Die publiek kan PDG13 na 39952 sms.

Stem soveel keer soos jy wil, kostes is R2 per SMS. Die stemproses sluit op 28 Maart.

Vanjaar se musiektoekennings word by die Sun Arena by Times Square in Pretoria gehou.

Maak seker jy skakel in vir die regstreekse uitsending op 17 April om 20:00 (kykNET kanaal 144) vir `n onvergeetlike aand van Afrikaanse musiek.

Om VatVas Dansorkes te bespreek vir jou volgende lekker opskop-boere-partytjie, skakel Martin by 072 435 5014.

Follow us on:

Related Articles

Back to top button