Volkskool atletiekprestasies

Atlete van Hoër Volkskool het op 22 Februarie te DP de Villiers Stadion, Sasolburg vir die Gauteng Kampioenskappe gewalifiseer na afloop van spogvertonings in hul onderskeie items.

Nie minder nie as 25 atlete van Volkskool gaan aan die Gauteng Kampioenskappe op 8 Maart deelneem.

Hulle is Danielle Verwoerd (o/17-meisies  800m), Nkanyezi Gwebu (o/17-meisies 3000m), Annericke Bornman (o/15-meisies 800m en 1500m), Meagan Thompson (o/18-meisies 200m en 400m), Danielle Mostert (o/19-meisies  400m hekkies en 100m hekkies), Ellané van Tonder (o/17meisies 400m hekkies), Janca Fouché (o/17-meisies  100m en 100m hekkies), Jané Botha (o/17-meisies 200m), Bianca Erasmus (o/17-meisies hoogspring), Favour Umeh (o/17-meisies hoogspring en verspring), Pieter Kriel (o/15-seuns  100m en 200m), Wian Wiersma (o/19-seuns 200m en 400m), Nihann Botha o/15-seuns 800m), Caitlin Langner (o/19-meisies spiesgooi), Robinn Thorburn (o/17 -meisies 200m en 400m), Johan Groesbeek (o/19-seuns 110m hekkies en 400m hekkies), JC van Tonder (o/15-seuns 100m hekkies, 300mH hekkies en 400m), Troepie vd Schyff (o/17-seuns 200m), JJ du Plessis (o/17-seuns verspring en 100m), Henco Storm (o/19-seuns 100m) en Ruan Claassens (o/17-seuns gewigstoot, skyfwerp en hoogspring).

Die Gauteng Kampioenskappe vind op 8 Maart by die Pilditch Stadion in Pretoria plaas.

Read Also -> Hoër Volkskool as top-presterende skool in distrik gekroon

 

Volg ons op:
Exit mobile version