NewsSchools

Laer Volkskool atlete skitter tydens Gauteng kampioenskappe

Die skoner geslag het vanjaar die seuns ‘n ding of twee gewys wat atletiek aanbetref.

Nie minder nie as sewe meisiesatlete van Laer Volkskool het gekwalifiseer om aan die Gauteng Atletiek Kampioenskappe deel te neem wat op 1 en 2 Maart in Germiston plaasgevind het.

Dit was Noa Froneman wat haar skool baie trots gemaak het deur ‘n eersteplek te verwerf in die o/10 meisies gewigstoot met ‘n pragtige afstand van 9.08m.

Die ander atlete het ook pragtige vertonings gelewer en plekke behaal. Adele Venter spog met ‘n derdeplek in die o/12 meisies gewigstoot met ‘n afstand van 10.87m.

Also read -> Laer Volkskool wys nuwe leiers vir 2019 aan

Jessica Wehmeyer het met ‘n hoogte van 1.50m vierdeplek in die o/13 meisies hoogspring ingeneem. Nog ‘n vierdeplek is deur Mia Boshoff in die o/11 meisies hoogspring (1.35m) ingeneem. Wiepke Schoeman het ‘n vyfdeplek agter haar naam in die 1500m vir meisies o/13 (tyd: 5:02:80) geskryf.

Lihandi Venter het sesdeplek ingeneem in die o/11 meisies gewigstoot (10.05m) en Tiané Steyn verdien sewendeplek in die o/13 meisies 800m-item (tyd: 2:23:04).

 

Volg ons op:

 

Related Articles

Back to top button