Local newsNews

Heidelberg Heritage Bier is uiteindelik hier.

Heidelberg Heritage Beer is ‘n tuisgebroude bier wat met mout wat vanuit Heidelberg Duitsland ingevoer is, vervaardig word.

President Paul Kruger, Mahatma Gandhi en selfs Winston Churchill is van die bekendste name wat al by Heidelberg Stasie besoek afgelê het, en ter viering van die ryke geskiedkundige gebeure wat reeds hier plaasgevind het, kan Heidelbergers nou weer die stasie, oftewel die Heidelberg Heritage Museum besoek.

Die erfenis museum het op 1 Maart amptelik sy deure oopgemaak en kan as ‘n reusesprong in die bevordering van die plaaslike toerisme industrie beskou word aangesien die eens verwaarloosde perseel in ‘n unieke gesinsgeoriënteerde omgewing omskep is.

Onder leiding van plaaslike sakeman en erfenis guru Bouwe Wiersma, is die projek om weer lewe te blaas in die geboue waarin Anton Rupert voorheen sy versameling duur en rare motors gestoor het, van stapel gestuur. Die onttrekking van Rembrandt (tans BAT) in die 90s het tragiese nagevolge vir die geboue gehad.

Vandaliste het dit hul tuiste gemaak en alle items van waarde is deur die jare stuk vir stuk weggedra. Miljoene rande se skade is aangerig. Dit het dan ook jare se onderhandeling met die owerhede, asook deeglike beplanning geneem om die opknappingswerk van stapel te stuur, maar uiteindelik is die konsep deur die betrokke partye verwelkom.

Also read – Here’s how you can help promote the preservation of local heritage sites

Buiten die stigting van die dorp se amptelike toerisme inligting sentrum, bied die erfenis museum ook ‘n uiteet ervaring soos min. By die Culinary Express kan besoekers ‘n groot verskeidenheid disse bestel en word daar ook voorsiening gemaak vir diegene om, soos in die geval van Kruger en Churchill se tyd, op die gerestoureerde treine aan te sit.

Die ou geboue leen hulle ook tot funksies (200 plus mense kan in die sale onthaal word) en volgens die bestuur het hulle reeds talle besprekings vir troues ontvang. Daar is ook speel areas vir kinders in beide die omliggende tuine en treinwaens wat ouers die geleentheid bied om van die ander besienswaardighede te besoek.

‘n Puik voorbeeld van iets wat die ouer generasie se verbeelding gaan prikkel, is die bierbrouery wat  op sigself talle geesdriftiges vanuit die stede behoort te lok. Wees gewaarsku Heidelberg , die “hipsters” is op pad, want hulle hoef nie meer al die pad Parys toe vir ‘n lafenis te ry nie.

Heidelberg Heritage Beer is ‘n tuisgebroude bier wat met mout wat vanuit Heidelberg Duitsland ingevoer is, vervaardig word.

Die Heidelberg Heritage Museum is elke dag van die week oop en daar word verneem dat inwoners binnekort ook stoomtreinritte sal kan onderneem.

Also read – Heritage Association to focus on positive, for now

Volg ons op:

Related Articles

Back to top button