VF Plus aanvaar Lesedi se finansiële jaarverslag in beginsel

“Die VF Plus sal onverpoosd aanhou veg vir belastingbetalers van Heidelberg se regte,” het Boshoff afgesluit.

Mari Boshoff (VF Plus-raadslid vir Lesedi Plaaslike Munisipaliteit) het in ‘n mediaverklaring op 12 Februarie gesê dat die VF Plus die jongste finansiële jaarverslag van Lesedi-plaaslike munisipaliteit (Devon, Heidelberg, Nigel, Vischkuil) in beginsel aanvaar, onderhewig aan die implementering van die Ouditeur-Generaal se 2018/2019-begrotingsverslag.

“Lesedi se 2017/2018-begrotingsjaar was ‘n mengelmoes waarvan slegs ‘n paar doelwitte bereik is, minimale verbetering in basiese dienslewering en ook sommige projekte wat in geheel misluk het en ‘n totale verkwisting van geld meegebring het. Volgens die VF Plus is daar geen basiese dienste gelewer nie en as gevolg van finansiële wanbestuur is infrastruktuur ook nie in stand gehou of opgeknap nie,” het Boshoff gesê.

Die VF Plus vind dit onrusbarend dat personeeluitgawes 23% van die begroting beloop het terwyl net 3% vir algemene instandhouding begroot was. Munisipale tariewe is verhoog alhoewel die werkloosheidsyfer in Lesedi gegroei het van 23% in die 2016/2017-begrotingsjaar tot ‘n uiters kommerwekkende 43% in die 2017/2018-begrotingsjaar.

Boshoff sê verder: “Die Ouditeur-Generaal (OG) het weereens ‘n ongekwalifiseerde oudit vir Lesedi goedgekeur, maar dit duidelik gestel dat die aanhoudende herhaling van negatiewe bevindings vir die volgende begrotingsjare geensins langer geduld sal word nie. Daar moet dringend gesoek word na oplossings vir die herhalende negatiewe bevindings en ooreenkomstige regstellings moet as prioriteit geïmplementeer word.”

Die OG se verslag het 51 negatiewe bevindings uitgewys wat onder andere die volgende insluit:

Basiese dienslewering

Die verslag is verwys na die komitee vir openbare munisipale rekeninge vir kommentaar en terugvoer aan die raad.

“Die VF Plus sal onverpoosd aanhou veg vir belastingbetalers van Heidelberg se regte,” het Boshoff afgesluit.

 

Volg ons op:
Facebook Twitter
Exit mobile version