Local newsNews

Nigel VLU-lede leer meer oor ekostene

Ekostene is plastiekbottels wat dig met plastiek en ander afvalprodukte verpak word om 'n herbruikbare boublok te vorm.

Die 738ste vergadering van Nigel VLU het op 14 Februarie by die NG Kerk Nigel Oos plaasgevind, waar altesaam 22 lede Valentynsdag op gepaste wyse gevier het deur rooi en wit uitrustings vir die geleentheid te dra.

Die vergadering is in afwesigheid van die voorsitter Ronel Lombaard, deur Suzanne DrotskyĀ  waargeneem. Na verwelkoming van gaste en lede, het Drotsky die verrigtinge met skriflesing en gebed geopen en die vergadering is tot orde geroep.

 

Suzanne Drotsky van Nigel VLU het aan lede verduidelik hoe ekostene uit leĆ« plastiekhouers soos koeldrankbottels en ander plastiekafval gemaak word. Huise en selfs skole kan met ekostene gebou word, aangesien die dig verpakte houers saam gegroepeer word om ā€˜n stewige boublok te vorm.

 

Die vorige notule is deur Kitty Bronkhorst voorgelees, waarna Drotsky lede aan die 24ste VLU konferensie wat op 2 Maart in Kempton Park plaasvind, asook die VLU kongres wat vanaf 31 Julie tot 1 Augustus te Meulstroom plaasvind, herinner het.

Volgende aan die beurt was Anna-Marie Axer wat die 2018 skakelbeampteverslag aan lede voorgehou het en daarna het Rina Murphy die 2018 finansiĆ«le verslag voorgelees. Drotsky het ook die voorsittersverslag aan lede voorgehou, waarna sy ā€˜n interessante praatjie oor plastiekherwinning gelewer het. Sy het demonstreer hoe maklik en eenvoudig ekostene met leĆ« plastiekhouers en allerlei afvalmateriaal soos plastieksakkies gemaak word.

ā€œEkostene is plastiekbottels wat dig met plastiek en ander afvalprodukte verpak word om ‘n herbruikbare boublok te vorm. Dit is ā€˜n goedkoop alternatief vir boustene en word byvoorbeeld gebruik in die vervaardiging en oprigting van ondermeer meubels, tuinornamente en geboue soos skole en huise,ā€ het Drotsky gesĆŖ en verder verduidelik dat ekostene boonop tot ā€˜n skoner, rommelvrye omgewing bydra.

Die vergadering is met die bediening van koffie, tee en verversings afgesluit. Die volgende vergadering vind om 10:00 op 14 Maart plaas.

Belangstellendes is welkom om aan te sluit. Vir navrae, skakel Anna-Marie by 082 886 2002.

 

Volg ons op:
Facebook Twitter

Related Articles

Back to top button