Local newsNews

Teenboelieveldtog by Laerskool AG Visser van stapel gestuur

Die veldtog sluit ‘n musiekvertoning asook ‘n praatjie met leerders in.

Laerskool AG Visser het op 15 Februarie ‘n spesiale gas Willie Pretorius, in hul midde verwelkom.Die doel van Pretorius se besoek was om ‘n teenboelieveldtog – Willie en sy wenspan – op ‘n prettige wyse van stapel te stuur.

Die veldtog sluit ‘n musiekvertoning asook ‘n praatjie met leerders in. Deur sy vertoning stuur Pretorius ‘n boodskap uit dat boeliegedrag onaanvaarbaar is en dat konflik op beter maniere hanteer kan word sodat niemand in die proses seerkry nie.

Pretorius tree landwyd op en kan by 082 578 1224 geskakel word.

 

Volg ons op:
Facebook Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button