Fietsrypaar deel hul wenresep

Swanepoel en Du Toit het sedert 2006 aan verskeie nasionale en internasionale fietswedrenne deelgeneem.

HEIDELBERG – Dit is onmoontlik om hierdie twee se prestasies op te noem, aangesien hulle reeds op bykans elke moontlike podium vir fietsry verskyn het.

Dit is die woorde waarmee Arno Kotzee vir internasionale fietsrypaar Ben Melt Swanepoel en Yolandi du Toit van Garmin MTB beskryf het. Swanepoel en Du Toit het sedert 2006 aan verskeie nasionale en internasionale fietswedrenne deelgeneem.

The Pioneer New Zealand, The Cape Epic, Trans Baviaans, The ABSA Cape Epic en York Enduro Mountain Bike Rally is slegs ‘n paar fietswedrenne wat reeds deur hierdie fietsrypaar van Heidelberg afgelê is.

Swanepoel en Du Toit het hul dankbaarheid teenoor Derek Edwards van Merida Fietse tydens die geleentheid uitgespreek.

“Ons kan altyd op Derek vir hulp en ondersteuning tydens wedrenne staatmaak,” het Du Toit gesê.

Du Toit kon met die hulp van Edwards ‘n internasionale kompetisie, ten spyte van ‘n gekraakte wielrand, voltooi.

 

Arno Kotzee verwelkom Ben Melt Swanepoel en Yolandi du Toit van Garmin MTB tydens die inligtingsaand op 13 Februarie waar wenke oor dieet en oefenprogramme uitgeruil is.

 

Tydens ‘n geleentheid op 13 Februarie het mede-fietsryliefhebbers hul vrae aan die paar gerig en wenke rakende dieet en oefenprogramme is uitgeruil. Du Toit het verduidelik hoe belangrik roetine vir die liggaam is en dat die intensiteit van oefening van individu tot individu verskil.

“Die sleutel tot sukses lê in die gebruik van organiese voedsel en selfdissipline om by jou oefenprogram te bly,” het Swanepoel gesê.

Die fiets waarmee Du Toit tydens die 94.7-wedren eersteplek behaal het, is nou by The Battery Centre te koop.

Skakel Arno Kotzee by 082 903 1000 vir meer inligting.

 

Volg ons op:
Facebook Twitter
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version