Local newsNews

Solidariteit Helpende Hand nooi inwoners na gemeenskapsvergadering

Dit is die eerste vergadering vir die jaar en volgens die waarnemende voorsitter Neels Toerien, word daar ook beplan om ‘n nuwe bestuur tydens die geleentheid te kies.

NIGEL – Solidariteit Helpende Hand se tak in Nigel nooi belangstellendes na ‘n gemeenskapsvergadering wat op 21 Februarie om 18:30 by die Kenmekaar Dienssentrum te Eerstelaan 58 plaasvind.

Dit is die eerste vergadering vir die jaar en volgens die waarnemende voorsitter Neels Toerien, word daar ook beplan om ‘n nuwe bestuur tydens die geleentheid te kies.

“Die doel van die vergadering is om die plaaslike gemeenskap beter in te lig oor Solidariteit Helpende Hand se funksies en waarvoor dit werklik staan. Dit is belangrik dat die gemeenskap weet en verstaan wat die organisasie veral vir kinders en bejaardes beteken, maar ons gaan ook tydens die vergadering meer inligting voorsien oor ander geleenthede en projekte wat deur die loop van die jaar aangebied word,” het Toerien gesê.

Belangstellendes kan Toerien by 076 532 9807 vir meer inligting skakel.

 

Volg ons op:
Facebook Twitter

Related Articles

Check Also
Close
 
Back to top button