CrimeNews

Wat gebeur in Nigel Hof

Die klagstaat sluit ongeveer 84 500 gesamentlike klagtes van bedrog in, wat dit een van die land se grootse diefstal- en identiteitsbedrogsake maak.

NIGEL – In die plaaslike regskringe staan hulle as swendelaars bekend en altesaam 14 van dié beskuldigdes het weer op 15 Januarie in Nigel Streekshof verskyn.  

Die klagstaat sluit ongeveer 84 500 gesamentlike klagtes van bedrog in, wat dit een van die land se grootse diefstal- en identiteitsbedrogsake maak.

Die polisie het gedurende 2016 ‘n reusedeurbraak in die ondersoek na ‘n bodrogsindikaat gemaak en verskeie verdagtes is gearresteer toe die polisie op ‘n perseel in Yeoville, Johannesburg toegeslaan het. Talle rekenaars (hardeware en sagteware), vervalsde identiteitsdokumente en kaarte, munisipale rekeninge asook bankstate wat vir vervalsde profiele en valse transaksies landwyd gebruik is, is tydens die klopjag gevind en op beslag gelê.

Sedertdien is nóg honderde verdagtes wat met die saak verbind word, gearresteer. Die eerste vyf beskuldighdes (waaronder drie vroue) is gedurende Junie 2018 verhoor, skuldig bevind en tot tussen ses en 12 jaar gevangenisstraf gevonnis.

Die saak wat deur Sers Johan Lourens van Nigel Speurtak ondersoek word, duur steeds voort en is tot 12 April uitgestel, waar dit na verwagting na die Hoogeregshof oorgeplaas sal word.

 

Follow us on:
Facebook Twitter

Related Articles

Back to top button