Local newsNews

Voortrekkers skop af met waatlemoenfees

Suikerbos Voortrekker Kommando het op 22 Januarie met ‘n waatlemoenfees die jaar afgeskop.

HEIDELBERG – Suikerbos Voortrekker Kommando het op 22 Januarie met ‘n waatlemoenfees die jaar afgeskop.

Kommandolede en hulle gesinne het ook aan die pret deelgeneem en waatlemoen geëet. Die fees het in ‘n prettige waatlemoensmeringsessie geëindig.

 

Rune Eloff van Suikerbos Voortrekker Kommando wat op 22 Januarie tydens ‘n waatlemoenfees haar slagoffer bekruip.

 

Kommandant Dawie de Villiers van Suikerbos Voortrekker Kommando neem saam met sy gesin aan die aksiebelaaide waatlemoenfees op 22 Januarie deel.

 

Lede van Suikerbos Voortrekker Kommando op 22 Januarie by ‘n waatlemoenfees waar hope pret beleef is.

 

Kommandolede van Suikerbos Voortrekker Kommando het op 22 Januarie die jaar met ‘n reusagtige waatlemoenfees afgeskop.

 

Suikerbos Voortrekker Kommando vergader elke Dinsdag om 17:00.
Alle kinders voorskool tot en met Graad 12 is welkom.

Vir navrae skakel Dawie de Villiers by 084 600 5765.

Kliek hier vir fotos van Laerskool AG Visser se Ken-Mekaar-Aand

 

Follow us on:
Facebook Twitter

 

Related Articles

Back to top button