Local newsNews

Plaaslike konings van kitskos gedurende April op die kassie

Die restaurant wat op die hoek van Merz en Voortrekkerstrate agter die Spar winkelsentrum geleƫ is, bestaan vier jaar en het ongeveer 23 000 volgelinge op Facebook.

HEIDELBERG – Die konings van kitskos, of beter bekend op die kassie as sanger Gerhard Steyn (Baby Tjoklits) en akteur Alvin Bruinders (Vetkoekpaleis), het The Grill King Heidelberg op 28 Januarie vir die verfilming van ā€˜n nuwe episode vir diĆ© gewilde kaloriebelaaide kosprogram besoek.

Konings van Kitskos word op Via (Dstv kanaal 147) uitgesaai en neem kykers elke week op ā€˜n reis regoor die land waartydens Bruinders en Steyn kragte saamspan om die beste kitskos restaurante en wegneem eetplekke op te spoor en die smaaklikste kitskosse te verorber. Tydens die program gesels hulle ook met die kokke en besigheidseienaars om ā€˜n kykie agter die skerms in die kombuis te kry. Wanneer diĆ© twee manne dus aan jou deur kom klop, moet jy weet dat jou kitskosdisse onder die bestes in die land tel.

 

Hier is Gerhard Steyn besig om ā€˜n onderhoud met De Wet en Elena van der Walt van The Grill King in Heidelberg te voer tydens verfilming van die kosprogram Konings van Kitskos.

 

Vir De Wet en Elena van der Walt – eienaars van The Grill King – was dit ā€˜n onvergeetlike oomblik toe hulle gedurende November onverwags ā€˜n oproep van die reeksvervaardigers ontvang het.

ā€œDie Konings van Kitskos-span het blykbaar op sosiale media van ons smaaklike wegneemetes en monster burgers te hore gekom en hulle het navraag oor die opneem van ā€˜n program by ons restaurant gedoen,ā€ het De Wet gesĆŖ.

Die restaurant wat op die hoek van Merz en Voortrekkerstrate agter die Spar winkelsentrum geleĆ« is, bestaan vier jaar en het ongeveer 23 000 volgelinge op Facebook. Volgens De Wet ontvang hulle daagliks lof vir hul unieke en reusagtige ā€˜Grill King Monster Burgersā€™, maar byna elke item op hul spyskaart geniet goeie aftrek.

 

Hier is een van die monsterburgers wat by Grill King Heidelberg beskikbaar is.

 

Tydens verfilming het De Wet en Elena oor van hul topverkopers gesels, maar ook een of twee geheime gedeel oor waarom hul reuseburgers so gewild is. Daar word selfs melding gemaak van ā€˜n spesiale dis wat beloof om enige babelas die doodshou toe te dien en vir die waagmoediges is daar ā€˜n watertand uitdaging in die vorm van ā€˜n gratis ete – mits jy dit alles binne 25 minute kan verorber.

Besoek The Grill King vandag nog vir ā€˜n verskeidenheid wegneemetes teen sakpaspryse en onthou om om op 25 April op Via – Dstv kanaal 147 in te skakel vir die uitsending van die plaaslike program.

Vir meer inligting, skakel The Grill King by 072 899 0523.

 

Volg ons op:
Facebook Twitter

Related Articles

Back to top button