Pasop vir hondevergiftiging

Dit het aan die lig gekom deur statistiek wat ’n inwoner van Protealaan onlangs met HERAUT gedeel het, nadat haar hond op 25 Januarie vergiftig is.

HEIDELBERG – Dit blyk dat hondevergiftiging gepaardgaande met diefstal, besig is om toe te neem – veral in woonbuurte soos Bergsig.

Dit het aan die lig gekom deur statistiek wat ’n inwoner van Protealaan onlangs met HERAUT gedeel het, nadat haar hond op 25 Januarie vergiftig is. Volgens Liesl Bekker is die elektriese heining by haar woning geknip en twee grassnyers gesteel.

Haar bure se drie honde is ook dieselfde dag vergiftig en gedurende Desember is die bure aan die oorkant se honde vergiftig. Aldrie gevalle is by Heidelberg SAPD aangemeld.

In die geval van vergiftiging kan simptome vinnig verskyn of ure neem. Simptome is ook uiteenlopend en hang af van die middel (normaal ‘two-step’) wat toegedien is en die hoeveelheid daarvan. Honde word veral deur misdadigers vergiftig met die motief om hulle stil te maak of uit hul ontsnappingsroete te verwyder sodat hulle ongemerk kan voortgaan om inbrake en diefstal te pleeg.

In geval van nood, skakel Heidelberg SAPD by 016 341 0372.

 

Follow us on:
Facebook Twitter
Exit mobile version