Van Niekerk spog met wen foto

Lede van Heigel Fotoklub het op 9 Januarie hul eerste vergadering vir die jaar gehou, waartydens lede se foto’s beoordeel is.

NIGEL/HEIDELBERG – Lede van Heigel Fotoklub het op 9 Januarie hul eerste vergadering vir die jaar gehou, waartydens lede se foto’s beoordeel is.

Die volgende toekennings is na afloop van die vergadering gemaak: die wenfoto getiteld ‘The wisdom you are seeking’ behoort aan Michelle van Niekerk, terwyl die voorsitter Francois van Jaarsveld se foto – ‘Tugela River’ as beste temafoto vir die maand aangewys is.

 

Heigel Fotoklub se wenfoto van die maand vir Januarie onder die titel ‘The wisdom you are seeking’ behoort aan Michelle van Niekerk.

 

Heigel Fotoklub se tema wenfoto van die maand vir Januarie behoort aan Francois van Jaarsveld vir ‘Tugela River’.

 

Celia Lezar se foto getiteld ‘Langpad drome word waar’ het haar die junior wenfoto van die maand vir Januarie besorg.

 

Celia Lezar se foto getiteld ‘Langpad drome word waar’ het haar die junior wenfoto van die maand besorg.

Lede kom elke tweede Woensdag van die maand bymekaar en byeenkomste roteer tussen Nigel en Heidelberg.

Die volgende vergadering vind op 13 Februarie om 18:30 vir 19:00 by Nigel Tennisklub in Somersetstraat plaas en almal is welkom.

Vir navrae, skakel Francois van Jaarsveld by 083 659 9657.

 

Follow us on:
Facebook Twitter
Exit mobile version