NewsSchools

Laerskool AG Visser hou Ken-Mekaar-Aand

Die geselligheid het afgeskop met onderwysers wat kortliks ouers ingelig het oor nodige reëlings

HEIDELBERG – Laerskool AG Visser het op 14 Januarie ‘n kenmekaar-aand gehou.

Die geselligheid het afgeskop met onderwysers wat kortliks ouers ingelig het oor nodige reëlings soos skryfbehoeftes, assessering, skoolreëls en -tye asook vaardighede wat leerders moet aanleer om sukses te bereik.

 

Twee leerlingraad leerders van Laerskool AG Visser, Xadrian van Niekerk en Jeandré Luüs het gehelp om die kenmekaar-aand op 14 Januarie vlot te laat verloop.

 

Die beheerliggaam voorsitter, Mnr Jaco Billing het die ouers oor uitstaande aspekte van die skool soos akademie, sport, kultuur en diens asook die Christelike grondslag van Vissieland ingelig. Hy het die bestuurspan en onderwysers as die polsslag van die skool beskryf.

“Die hoë mikpunte wat hulle daarstel om te verseker dat ons kinders die beste opvoeding, afrigting, sorg, liefde en respek ontvang, is noemenswaardig. Leerders word aangemoedig om die geleenthede wat die skool aanbied aan te gryp en hul lewensritme te bepaal,”het hy gesê.

Die aand het met ‘n geselligheid om braaivleisvure afgesluit.

Kliek hier vir fotos van Laerskool AG Visser se Ken-Mekaar-Aand

 

Follow us on:
Facebook Twitter

Related Articles

Back to top button