Local newsNews

63 Gelukkige huweliksjare vir die Mosterts

Die egpaar is in 1955 getroud nadat hulle mekaar in Paarl by ‘n bioskoop ontmoet het.

HEIDELBERG – Wicus (85) en Rina (83) Mostert het op Kersdag hul 63ste huweliksherdenking gevier.

Die egpaar is in 1955 getroud nadat hulle mekaar in Paarl by ‘n bioskoop ontmoet het. Rina het by Rembrandtgroep gewerk en Wicus het besluit om nader aan die nooi te trek en ‘n aansoek om werk by dieselfde maatskappy ingesit en kort voor lank het die twee etenstye saam hul toebroodjies geëet.

Rina het sedert 1982 as dagmoeder na kinders omgesien en Wicus in sy beroep ondersteun.

Uit die huwelik is vier kinders gebore en hulle spog met agt kleinkinders en agt agterkleinkinders.

Die Mosterts is ‘n hegte gesin met Christelike waardes en skryf die mylpaal in hulle lewe toe aan vetroue en in genade van die Vader.

 

Follow us on:
Facebook Twitter

Related Articles

Back to top button