Local newsNews

Groot skrik toe brand vroegoggend in Dennehof woonstel uitbreek

Danksy lede van Rensburg GPF asook Lesedi Brandweer se vinnige optrede, is ‘n brand wat vanoggend (4 Desember) omstreeks 06:30 in ‘n woonstel by Dennehof Woonstelle ontstaan het, dadelik geblus en is niemand tydens die voorval beseer nie.

Die woonstel, wat deur Tokkie de Kok bewoon word, was in ligte gelaai toe ‘n verhittingsflits (wat gebruik word om gom van kerskouse te droog) vermoedelik oorverhit het.

Volgens de Kok se skoonseun France Bouwer, het ‘n spuitkan weens die hitte aan die brand geslaan en dit het na die bed versprei.

Niemand was tuis toe die brand ontstaan het nie, aangesien De Kok vroeër die oggend na Natalspruit Hospitaal vir ‘n mediese ondersoek geneem is.

 

Volgens Bouwer is die totale skade nog nie bereken nie en De Kok sal voorlopig by haar skoondogter in Springs gaan woon tot die skade herstel is.

 

Volg ons:

Facebook

Twitter

 

Related Articles

Back to top button