NewsSchools

Dihan stapel lopies op met besondere krieketvernuf

Dihan Janse van Rensburg, ‘n Graad 6-leerder by Laer Volkskool het vanjaar ‘n allemintige totaal van 1 397 lopies in 43 wedstryde met sy krieketkolf aangeteken.

Dihan het die jaar eers as lid van Heidelberg Krieketklub afgeskop, maar later by Alberton Krieketklub aangesluit, waar hy steeds ‘n junior lid is. Wanneer hy die veld nie vir sy skool of klub opgedraf het nie, het Dihan sy vernuf as kolwer sowel as bouler in 20-beurt toernooie soos die SPL T20 Sedibeng Premier League ten toon gestel. Die T20-reeks was onder die Gauteng en Easterns krieketklubs aangebied en staan bekend as die Lenasia Premier Liga (LPL) wat oor twee naweke vanaf 21 tot 28 Julie gestrek het.

 

Tydens die LPL-reeks het Dihan vir die Tasmanian Devils gespeel en dit is ook waar hy sy persoonlike beste (103 lopies van slegs 44 balle) teen die Tigers behaal het. Dihan het ook gedurende die 2018 seisoen in die volgende reekse gespeel:  Alberton Winter Klubliga, Laer Volkskool Konka toernooi, SPL T20 reeks, Skoolliga, Sedibeng o/12-Span en dan het hy ook vir Hoërskool Garsfontein in Pretoria in ‘n T20-reeks by Supersport Park gespeel, Titans Big Bash. Tydens Laer Volkskool Pienk-bal aandreeks (waar hy aangewys is as kolwer van die reeks) met ‘n totaal van 220 lopies van 115 balle en ‘n tref tempo van 191.3%. In die finaal van die reeks is hy ook as beste bouler aangewys en spog hy met ‘n driekuns (3 paaltjies vir 29 na vier beurte). Dihan het ook Vaaldriehoek o/13-span tydens die Bokkieweek verteenwoordig en het vir die SPL T20 (Sedibeng Priemier Liga o/13-span) in die SPL toernooi by Laerskool Rissiville in Vereeniging gespeel. Na afloop van die toernooi op 3 November eindig Dihan as die naasbeste kolwer met ‘n lopie totaal van 115 (van 79 balle) en ‘n treftempo van 145.57%.

 

Dihan se gemiddeld die seisoen is tans 43.66, wat ‘n totaal van 11 x 50-talle en ‘n 100-tal met die kolf insluit. Hy is ook vir die Gauteng-Suid o/12 krieketspan gekies wat vanaf 23 tot 24 November asook 1 tot 2 Desember aan die provinsiale toernooi by St Stithians Private College in Johannesburg gaan deelneem

 

Dihan het Julien Uys vir sy bystand, raad en ondersteuning bedank en gesê “dat oom Julien se huis altyd vir my oopstaan wanneer ek wil oefen en sy krieketnette gebruik.”

 

 

Dihan Janse van Rensburg van Laer Volkskool het vanjaar ‘n totaal van 1 397 lopies (in slegs 43 beurte) met sy krieketkolf aangeteken en sodoende vir homself ‘n plek in die Gauteng-Suid o/12-span oopgespeel.

 

Volg ons op:

         

Facebook      Twitter

Related Articles

Back to top button