Roothman verlaat Laerskool AG Visser

Die beheerliggaam het bevestig dat hulle ‘n hoof sal aanstel wat voldoen aan waardes, etos en erekodes van Laerskool AG Visser.

Mnr Johan Roothman, skoolhoof van Laerskool AG Visser,  het besluit om na 21 jaar uit diens van die skool te tree.
Die aankondiging is tydens die begrotingsvergadering op 8 November gedoen. Hy sal die skool teen die einde van die eerste kwartaal in 2019 verlaat .

Mnr Jaco Billing (beheerliggaam voorsitter) het gesê dat die jaar goeie suksesse opgelewer het. Hy sê dat ouers, personeel en leerders die beheerliggaam bygestaan het om die jaar suksesvol af te sluit.

Die implimenteringsfase van ‘n boeliebeleid is ook vanjaar by die skool ingestel. Elke leerder sal betrek word en ‘n whatsapp-nommer sal beskikbaar gestel word om enige boelie of ander probleme aan te meld. Die begroting het voorsiening vir sekuriteitskameras gemaak om nie net die skool nie,  maar ook die klaskamers en stoepe te monitor.

Billing het bevestig dat die toekoms van  hierdie skool een is met ‘n Afrikaanse Christelike grondslag wat weerspieël gaan word in die toekoms van die skool op grond van die mandaat wat die ouers aan die beheerliggaam gestel het.

 

Volg ons op:

         

Facebook      Twitter

Exit mobile version