Local newsNews

Nigel VLU sluit 2018 op feestelike noot af

Nigel VLU se verrigtinge vir die jaar het op 8 November met ‘n geselligheid aan die huis van Rina Murphy afgesluit.

VLU streekvoorsitter Alta Prinsloo en die streekstesourier Jackie Lavos was onder die geëerde gaste wat die feestelike geleentheid bygewoon het.

Nadat Ronel Lombaard almal verwelkom het, was dit Hettie Botha se beurt agter die mikrofoon en sy het ‘n gedeelte uit die boek Stormkind deur Riana Scheepers voorgelees.

Daarna het ‘Die Grafsteensangers’ die verhoog betree en lede met hul musiekopvoering, wat bekende liedjies soos ‘Trein na Pretoria’ en “Don’t sell my daddy any more liquor tonight,’ laat skaterlag.

Die vermaak is voortgesit met ‘n ‘balletopvoering’ deur Ronel Lombaard, Anna-Marie Axer en Suzanne Drotsky, gevolg deur ‘n tentoonstelling van hul vlugvoetigheid en vernuf op die dansbaan, onder die ritmiese klanke van ‘Footloose. Dié vertoning het ‘n luide applous en toejuiging onder die vroue uitgelok.

Die feestelikheid is met bediening van vonkelwyn en eetgoed asook die uitruil van Kersgeskenke afgesluit en lede is herinner dat die amptelike verrigtinge op 10 Januarie hervat.

Vir meer foto’s, besoek www.heidelbergnigelheraut.co.za.

Belangstellendes wat wil aansluit, kan vir Anne-Marie by 082 886 2002 skakel.

 


‘Die Grafsteensangers’ het vanjaar ‘n musiekvertoning tydens Nigel VLU se afsluiting gelewer. Die sangers is Tonien Botha, Hettie Botha, Elsa Groenewald, Mabel van Staaden, Suzanne Drotsky, Ronel Lombaard en Anne-Marie Axer.

 

Volg ons op:

         

Facebook      Twitter

Related Articles

Back to top button