Local newsNews

Nigel – Bejaardes stap vir fondse

Nigel Tuiste vir Bejaardes het op 3 November te midde van gure weer ‘n pretloop vir fondsinsameling aangebied waartydens deelnemers vanaf die tuiste se perseel tot by die Hervormde Kerk in Scarboroughlaan gestap het.

Nigel Tuiste vir Bejaardes het op 3 November te midde van gure weer ‘n pretloop vir fondsinsameling aangebied waartydens deelnemers vanaf die tuiste se perseel tot by die Hervormde Kerk in Scarboroughlaan gestap het.

Bejaarde inwoners het nie geskroom om hul looprame en rolstoele in te span nie en altesaam 55 deelnemers (wat familie en personeel insluit) het deelgeneem. Elke inwoner is volgens sy of haar ouderdom in randwaarde geborg en volgens die tuiste se finansiële bestuurder Ria Alberts, het die pretloop nagenoeg R17 860 opgelewer, wat weer in die tuiste teruggeploeg word deur die aankoop van nuwe breekware.

Altesaam 55 deelnemers het aan die pretloop deelgeneem en die afstand van ongeveer 1,2km van Nigel Tuiste vir Bejaardes tot by die Hervormde Kerk in Scarboroughlaan flink afgelê.

Na afloop het die deelnemers ‘n musiekvertoning in die tuiste se saal geniet, waar verversings en koeldrank ook bedien is. Alberts het almal wat by die pretloop betrokke was en dit ruimhartig ondersteun het, namens Nigel Tuiste vir Bejaardes bedank.

Volg ons op:

         

Facebook      Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button