Ter Horst (96) ‘n voorbeeld vir Heidelberg se jonges

Theodore Alexander Ter Horst is op 7 November 1922 in Jacobsstraat, oorkant die hedendaagse Hoër Volkskool, gebore.

Ter Horst het aan HERAUT vertel dat sy oorlede oupa Simon van Wijck die destydse biblioteek in Heidelberg begin het.

 
Nadat sy oorlede vader Willem Antoon as ingenieur vir die destydse Spoorweë die Komatipoort spoorlyn aanleg vanaf Pretoria help voltooi het, het die gesin na Heidelberg verhuis. Hier het sy oorlede vader as stadsklerk, stadstesourier en stadsingenieur tot 1925 gewerk.

 

Ter Horst vertel dat sy pa altyd vir hom gesê het,
“Moet nooit drink nie, moet nooit rook nie en moet nooit trou nie.” Ter Horst sê toe volg hy in sy pa se voetspore en trou tweekeer.

 

Ter Horst begin in 1941 by die Universiteit van Pretoria in Tale en Volkekunde studeer, waarna hy ook ‘n honneursgraad in Bantoetale voltooi het.

 
Hy het verskeie poste, onder andere klerk in die staatsdiens, vertaler en onderwyser by Sedaven Secondary School (in 1952) beklee.

 
Ter Horst het in 1953 met Catharina Uys, ‘n weduwee met vyf kinders (vir wie hy tot vandag toe pa staan) getrou. Sy ontval hom in 2003 waarna hy weer getroud is.

 
Nadat hy sy teologiese studies in die vroeë 50s by Helderberg Kollege in Somerset Wes suksesvol voltooi het, dien hy oor die land, in Namibië en Zimbabwe (destydse Rhodesië) as predikant en reisende evangelis.

 
Ter Horst het ook ‘n vliegongeluk, waarin hy die loods was, oorleef. Hy geniet dit om te draf en het vroeër deur die land saam met sy maats per fiets gereis.

 

Volg ons op:

         

Facebook      Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version