Local newsNews

Vroue Landbou Unie leer van die Chevron Eilande en die Swarttobie

Annemarie du Plessis het hierna gesels oor die Swarttobie, die skaarsste voël in Suid-Afrika.

HEIDELBERG – Lede van Rensburg VLU het op 16 Oktober vergader waar die tema ‘Internasionaal’ was en Stienie Venter die dames ingelig het oor haar droomvakansie om eendag die Chevron eilande te besoek sodat sy in staat sal wees om die Sydney Operahuis te kan sien.

Hierdie unieke eiland van Australië beskik oor twee brûe, een na die westekant wat jou Southport toe neem, asook een na die ooste wat jou na Surfers Paradise (bekend as Vegas by die see) neem. Hierdie natuurlike eiland, voorheen bekend as Goat Island, het baie mensgemaakte eilande. Tydens haar bespreking het Stienie die vergadering ingelig dat hul geldeenheid die Australiese Dollar is.

“Die geldnote word van polimeer gemaak en kan nie skeur nie,” het sy gesê.

Annemarie du Plessis het hierna gesels oor die Swarttobie, die skaarsste voël in Suid-Afrika. Sy het gesê die voël se voortbestaan word ernstig bedreig en dat dit die rede is hoekom voertuie nie meer toegelaat word om op Suid-Afrikaanse strande te ry nie. Die bedreiging is as gevolg van die feit dat die Swarttobie haar eiers op die strand lê en voertuie die eiers beskadig. Die Mediterreense mossel is die hoofvoedsel van dié voël. Annemarie was ‘n ere-veldwagter by die Karoo Nasionale Park en dus ‘n kenner op hierdie gebied.

Bets Grobler (voorsitter) het Babsie Knoesen geluk gewens met die tweedeplek wat sy vir haar gebreide kussingsloop  verdien het tydens die VLU Kongres wat op 1 en 2 Augustus te Bronkhorstspruit gehou is.

Rensburg VLU se volgende vergadering vind op 20 November plaas.

Belangstellendes kan vir Hannetjie Venter by 016 341 5322 of 083 552 0687 skakel.

Volg ons op:

         

Facebook      Twitter

 

Related Articles

Back to top button