Bejaarde van Rensburg, Heidelberg in tuin oorval en van voertuig beroof

‘n Bejaarde man van Rensburg, Heidelberg wat alleen woon is omstreeks 11:15 vanoggend (31 Oktober) in die tuin van sy woning in Walkerstraat deur drie rowers oorval.

Die 78-jarige was buite besig om in die tuin te werk toe een van die verdagtes hom van agter om die lyf vasgryp. Hy is aan sy arms by die huis ingesleep, waar sy hande en voete met gordels vasgebind is.

Hy is later in ‘n slaapkamer toegesluit waar hy gehoor het hoe hulle deur die huis beweeg.

Etlike minute later het hy gehoor hoe hulle sy Ford Bantam bakkie wat binne die motorhuis geparkeer was, aansluit en daarmee wegjaag.

Nadat die bejaarde homself kon loswikkel, het hy deur ‘n venster geklim en ‘n familievriend om hulp geskakel.

Die verdagtes het ook met ‘n televisie en horlosie gevlug.

Heidelberg Polisie ondersoek ‘n saak van huisroof.

‘n 78-Jarige bejaarde wat in Walkerstraat, Rensburg woon, is omstreeks 11:15 vanoggend deur drie verdagtes oorval en beroof.

Volg ons ook op:

         

Facebook      Twitter

Exit mobile version