Nuwe Warmwatersilinders (Geysers) Bring hoër versekering

As gevolg van die nuwe wetgewing sal vervaardigingskostes verhoog en dit beteken dat versekeringsmaatskappye die versekeringspremie sal moet aanpas.

HEIDELBERG – Sedert 15 September moet alle warmwatersilinders (geysers) in woonhuise wat vervang word, met ‘n B-gradering vir energiedoeltreffende tenk vervang word.

As gevolg van die nuwe wetgewing sal vervaardigingskostes verhoog en dit beteken dat versekeringsmaatskappye die versekeringspremie sal moet aanpas.
Hierdie nuwe warmwatersilinders se isolasie is dikker om hitteverlies te verminder en elektrisiteit te bespaar.

Stoffel Cronje (plaaslike besigheidseienaar) het aan HERAUT gesê dat hy lesers aanbeveel om hul eie versekeringsmaatskappye te skakel om seker te maak dat hulle genoegsame dekking vir hierdie B-gradering tenks in hul woning het.

Die premieverhoging van u versekering sal wees omrede dié tenks duurder is en sou u versuim om die nodige aanpassing te doen, is u verantwoordelik vir die verskil in die verhoogde bedrag van die nuwe tenk wat u dan uit eie sak moet betaal.

Volg ons op:

         

Facebook      Twitter

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version