CrimeNews

Heidelberg verkeer jaag boef wat vuurwapen weggooi

Vier verdagtes het deur die strate van Heidelberg Verkeer weggejaag.

Dit het gevolg nadat ‘n verkeersbeampte ‘n verdagte voertuig by die R23 en Louwstraat Overkruin-kruising probeer stop het.

‘n Lid van die publiek het gesien hoe een verdagte ‘n vuurwapen deur die kar se venster in du Preezstraat  gooi en sy het dit aan ‘n lid van ‘n plaaslike sekuriteitsmaatskappy uitgewys. Hy het op die vuurwapen beslag gelê en dit aan Heidelberg Polisie oorhandig.

Heidelberg GPF het die polisie op die toneel bygestaan. Mev Stella Louw (beheerkameroperateur van die GPF) het aan HERAUT gesê:

“Dit is hartseer om te dink wat kon gebeur het as die verdagte voertuig en vuurwapen nie gevind was nie. Deur die publiek se vinnige reaksie kon die voertuig en vuurwapen opgespoor word.”

Kaptein Madeleine von Wielligh (waarnemende polisiewoordvoerder) het aan HERAUT bevestig dat die voertuig asook die vuurwapen gesteel is. Al vier verdagtes het weggekom. Sy nooi lede van die publiek met inligting om Kaptein Senzo Shabano by 016 341-0361 te skakel.

 

‘n Verdagte voertuig word deur die polisie ondersoek nadat die insittendes in die rigting van die Nigel-Heidelberg pad gevlug het.

 

‘n Lid van die publiek het aan gewapende reaksiepersoneel die vuurwapen wat ‘n verdagte in du Preezstraat uit die motorvenster gegooi het, uitgewys. Die vuurwapen is aan Heidelberg SAPD oorhandig.

 

Stella Louw en Arno Smit van Heidelberg GPF. Hulle het die polisie op die toneel bygestaan.

 

Volg ons op:

Facebook

Twitter

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button