Local newsNews

‘n Gemmerkoekhuisie vir Kersfees

Die Protea-tak van die Suid-Afrikaanse Koekversierdersgilde het op 13 Oktober ‘n spesiale gas, die voormalige president van die Suid-Afrikaanse Koekversierdersgilde Sue Reid ontvang, wat ‘n demonstrasie van die maak van ‘n gemmerkoekhuisie gedoen het.

HEIDELBERG – Die Protea-tak van die Suid-Afrikaanse Koekversierdersgilde het op 13 Oktober ‘n spesiale gas, die voormalige president van die Suid-Afrikaanse Koekversierdersgilde Sue Reid ontvang, wat ‘n demonstrasie van die maak van ‘n gemmerkoekhuisie gedoen het.

Hierdie spesiale gemmerkoekhuisie is geskik as kersgeskenk en Sue het die dames meegedeel dat,  tydens haar onlangse besoek aan Engeland, sy gemmerkoekhuisies ten duurste te koop gesien het.

Sekere navorsers glo dat die eerste gemmerkoekhuisie sy ontstaan gehad het in Grimm se feëverhaal van Hansie en Grietjie, waar twee kinderkarakters in die woud op ‘n eetbare gemmerkoekhuisie afgekom het. Ander glo dat gemmerkoekhuisies se oorsprong in Duitsland was, waar ‘n gemmerkoekhuisie met foelie en goudkleurige blare die kersfeestema weergee. In koloniale Noord-Amerika was die lekkerny ‘ginger snaps’ genoem en ‘n gewilde fabel is dat koningin Elizabeth I gemmerbroodmannetjies aan oorsese gaste voorgesit het.

 

Sue demonstreer met presiesheid die kuns om ‘n gemmerkoekhuisie aanmekaar te sit.

 

Elke weergawe hou sy bekoring in. Dalk vind ‘n gemmerkoekhuisie of twee Kersfees 2018 sy rusplek in Heidelberg.

Die volgende vergadering is op 10 November.

Vir navrae kan Marnette geskakel word by selfoonnommer 076 861 9254.

Volg ons op:

         

Facebook      Twitter

 

Related Articles

Back to top button