Local newsNews

Plaaslike dansers wys hul passies op kassie

Dansers van die Nicole Dans Studio het in die Augustus-September opname deelgeneem aan die Dans in jou Taal kompetisie wat op KykNET kanaal 146 uitgesaai is.

Vier plaaslike spanne was ingeskryf wat teen 300 groepe kompeteer het.
Die plaaslike groepe is Mortal Combat, Pensioners, Super Heroes en Inside Out waarvan drie na die finaal deurgedring en die Pensioners die Ope afdeling gewen het.

Deelnemers was Chamoné Krugel, Sherisa van der Walt, Caitlyn Laing, Mieke Vorster, Mikayla Miladinovic, Marouzanne Higgs, Daniel Ourique, Taylin Nel en Candise van Dyk.

Hierdie kompetisie was oop vir enige dansstyl en dansers van regoor die land het hier ‘n platform gevind om hul talente ten toon te stel en het boonop ‘n kans gestaan om R150 000 te wen.

Driehonderd groepe het by hierdie prestige aand in Pretoria se South Downs College deelgeneem.

Die Ierse Dansers van McWilliams Academy of Dance het die beoordelaars se asems weggeslaan met hulle interpretasie van “Warrior” en is ook gekroon as die episode wenners in die 16-18 jaar Ope afdeling.

 

Volg ons op:

         

Facebook      Twitter

Related Articles

Back to top button