CrimeNews

Misdaad in Heidelberg neem skerp toe

Die jongste voorval het op 16 Oktober by ‘n huis in Derdelaan, Jordaanpark plaasgevind toe drie mans die huis se voordeur met ‘n staalstaaf oopgebreek en verskeie items geroof het.

Heidelberg loop die afgelope maand gebuk onder misdaad met ‘n aangetekende totaal van drie gewapende rowe en een huisroof binne vyf dae.

Die jongste voorval het op 16 Oktober by ‘n huis in Derdelaan, Jordaanpark plaasgevind toe drie mans die huis se voordeur met ‘n staalstaaf oopgebreek en verskeie items geroof het.

Volgens die waarnemende polisiewoordvoerder Sers Nellie Dwaba, was die rowers nie gewapen nie, maar het hulle steeds ‘n skrikbewind gevoer toe hulle eers die bediende geslaan, toe in ‘n kamer toegesluit en daarna die huis geplunder het. Van die items waarmee hulle weggekom het, is ‘n televisie, skootrekenaar, kombuisware en juwele. Die totale waarde van die gesteelde eiendom is nog nie bepaal nie.

Die huiseienaar (‘n plaaslike spysenier) was volgens Sers Dwaba omstreeks 11:45 buite besig met die voorbereiding van voedsel toe sy ‘n verdagte motor by die hek opgemerk het. By nadere ondersoek het sy drie onbekende mans in ‘n wit Jeep gesien en dadelik onraad vermoed. Sy kon daarin slaag om ongemerk oor ‘n tuinmuur te spring, vanwaar sy die polisie ontbied het.

By hul aankoms het die polisie gevind dat die verdagtes reeds met hul buit gevlug het en hoewel niemand tydens die voorval beseer is nie, is die huiseienaar en haar bediende erg getraumatiseer.

 

Volg ons op:

         

Facebook      Twitter

Related Articles

Back to top button