Local newsNews

Laerskool AG Visser beplan groot makietie vir 90ste verjaardag

Laerskool AG Visser vier hul 90-jarige bestaan op 3 November in Hoër Volkskool se koshuis eetsaal.

Ter viering van hul 90-jarige bestaansjaar word ‘n boere-opskop gehou.
Grootskerms om die Springbokke se wedstryd te kyk, sal aangebring word en ‘n osbraai-ete met ‘n langarm dans gaan na die wedstryd begin. ‘n Veilige speelplek vir kinders, waar hulle ‘n fliek gaan geniet met springmielies, pizza en koeldrank sal beskikbaar wees.

Die skool was op 17 Januarie 1928 in die ou munisipale kantore geopen. Die groeiende leerdergetalle het genoodsaak dat ‘n nuwe skool gebou moet word. Op 16 Januarie 1940 word die nuwe gebou betrek. Die hoeksteen is op 2 April 1940 deur Generaal JJ Pienaar, die destydse Administrateur van Transvaal, geopen.

Lees ook: Dis weer tyd vir Heidelberg ATKV se vasvra-aand

Die skoolhoof van Laerskool AG Visser, Johan Roothman nooi alle oud-Vissies en belangstellendes om saam fees te kom vier om die jaar af te sluit met hierdie merkwaardige mylpaal .

Kaartjies is te koop by die skoolkantoor, te AG Visserstraat 1, Rensburg.
E-pos navrae kan gerig word aan agvisser@worldonline.co.za.
Skakel 016 341 2631 vir verdere navrae.

 

Volg ons op:

         

Facebook      Twitter

Related Articles

Back to top button