Local newsNews

Word vandag nog deel van Heidelberg ATKV

Vandag is dit seker een van dié bekendste Afrikaanse kultuurtuistes met ongeveer 70 000 hooflede en 30 kultuurprojekte per jaar wat bykans 55 000 inskrywings genereer en meer as 220 000 mense regstreeks betrek.

Die ATKV is in 1930 in Kaapstad deur 12 lede gestig as ’n organisasie waar mense die lekkerte van Afrikaans-wees met mekaar kon deel.

Vandag is dit seker een van dié bekendste Afrikaanse kultuurtuistes met ongeveer 70 000 hooflede en 30 kultuurprojekte per jaar wat bykans 55 000 inskrywings genereer en meer as 220 000 mense regstreeks betrek.

Aan die stuur van sake by Heidelberg se tak van die ATKV, staan Francois Fürstenburg wat sedert 2012 op die bestuursraad dien. Volgens hom is die ATKV eietyds en dinamies en bedryf aktiwiteite volgens gesonde sakebeginsels om die voortbestaan van die organisasie te verseker.

Met die jare het die plaaslike tak verskeie liefdadigheidskonserte met vermaakkunstenaars soos Rina Hugo, Jannie Moolman, André Schwartz, Ryan Walt, Steven Sterling en Von West aangebied.

Fondse (‘n totaal van ongeveer R170 000) wat tydens die konserte ingesamel is, is later onder 14 plaaslike welsynsorganisasies wat die Galaxy kinderhuis, Lesedi Care Centre, Heidelberg DBV, Born-2-Care asook ‘n paar laerskole insluit, versprei.

Balfour se tak van die ATKV het onlangs met Heidelberg ATKV saamgesmelt en ‘n nuwe bestuursraad word in Januarie gekies.

Van die aktiwiteite wat regdeur die jaar deur Heidelberg ATKV aangebied word, sluit ondermeer musiekaande, kinderhuis uitstappies na Die Blou Lint asook die vasvra kompetisie in.

Belangstellendes wat aan hierdie aktiwiteite wil deelneem, word aangemoedig om by die plaaslike tak aan te sluit en sodoende ‘n positiewe bydrae te lewer.

Vanjaar se vasvra vind op 26 Oktober om 18:30 (vir 19:00) by die Heidelberg Vereniging vir Bejaardes se Dienssentrum plaas.

Die deelnemers is Rina van Coller, Coenie Breytenbach, Pierre de Kock, Chris Fourie, Corrie Human en Henk van Zyl.

Toegangsfooie beloop R50 per persoon wat kerrie en rys insluit en koffie en tee sal ook beskikbaar wees.

Vir navrae, skakel Francois by 083 227 1522 of Walda by 082 921 4247.

Volg ons op:

         

Facebook      Twitter

Related Articles

Back to top button