CrimeNews

Nóg ñ roof speel hom in Jordaanpark af

Polisie in Heidelberg ondersoek ñ saak van huisroof, nadat drie mans vanoggend ñ huis in Derdelaan, Jordaanpark se voordeur oopgebreek en verskeie items geroof het.

Volgens die waarnemende polisiewoordvoerder Sers Nellie Dwaba het voorval net voor 12:00 plaasgevind.
Die huiseienaar was buite besig met kos voorbereiding toe sy ñ wit Jeep met drie onbekende mans daarin, by die woning se hek opmerk. Sy het dadelik onraad vermoed en oor ñ tuinmuur geklim om hulp te ontbied.

Intussen het die drie mans die voordeur met ñ staalstaaf oopgebreek en die bediende binne die huis gevind waar sy besig was om te stryk.

Volgens Sers Dwaba was die verdagtes nie gewapen nie maar het die bediende in ñ kamer toegesluit, waarna hulle die huis geplunder het.

Lees ook Inbrake neem toe in Heidelberg

ñ Televisie, skootrekenaar, kombuisware, en juwele is buitgemaak.

Die verdagtes het gevlug voor Heidelberg Polisie by die toneel opgedaag het.

Niemand is tydens die voorval beseer nie.

Dit bring die totaal van gewapende rowe in Heidelberg vanaf 8 Oktober, op drie te staan en een huisroof.

 

Volg ons op:

         

Facebook      Twitter

Related Articles

Back to top button