CrimeNews

Inbrake neem toe in Heidelberg

Heidelberg Polisie het ‘n verdagte vasgetrek ná ‘n inbraak by ‘n besigheid in Beechamstraat op 2 Oktober.

Polisiewoordvoerder Kaptein Thivhulawi Tshilate het bevestig dat die inbraak omstreeks 05:36 plaasgevind het en dat die verdagte kort daarna gearresteer is toe hy binne die eiendom betrap is. Tydens ondersoek het die polisie gevind dat die verdagte ‘n venster gebreek het om toegang tot die besigheid te kry. Hy het reeds op klagte van besigheid-inbraak in Heidelberg Landdroshof verskyn.

 
In nóg ‘n voorval wat op 5 Oktober in Protealaan (Bergsig) plaasgevind het, het drie gewapende mans met ‘n televisie en verskeie elektroniese toerusting in ‘n goudkleurige Chevrolet van die toneel gevlug. Volgens Kapt Tshilate het die huisroof omstreeks 13:15 plaasgevind, kort nadat ‘n familievriend die woning verlaat het. Die verdagtes het toegang deur die elektroniese hek verkry, waarna hulle ‘n vrou, haar seun en huiswerker beroof het. Niemand is tydens die voorval beseer nie en die polisie is steeds op soek na die verdagtes.

 
Die polisie het ook op 6 Oktober ‘n 29-jarige verdagte vir besit van gesteelde eiendom in Schoemanstraat vasgetrek.

 
Konst Aubrey Skhosana en Konst Shithlangu Marima was besig met roetine patrollies in die omgewig toe hulle die verdagte met ‘n vrag staal (wat ‘n aantal ysterstawe insluit) op sy skouer opgemerk het. Volgens Kapt Tshilate het die konstabels die verdagte ondervra, maar hy kon nie verduidelik waar hy aan die staal bekom het nie. Hy is op die toneel gearresteer en van besit van gesteelde eiendom aangekla.

 

Volg ons op:

         

Facebook      Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button