Local newsNews

Dis weer tyd vir Heidelberg ATKV se vasvra-aand

Is jou algemene kennis goed genoeg vir ATKV Heidelberg se vasvra-aand?

Dit is weer tyd vir Heidelberg-tak van die ATKV se tweejaarlikse vasvra kompetisie, soortgelyk aan die gewilde voormalige televisieprogram Flinkdink.

 
Individuele deelnemers van verskillende spanne in die verlede, asook lede van die publiek wat belangstel, sal sake op 26 Oktober om 18:30 (vir 19:00) by die Suikerbosoord vir Bejaardes se Dienssentrum uitspook. Belangstellendes moet egter voor 15 Oktober inskryf om sodoende ‘n plek te verseker.

 
Tydens die vasvra sal vrae ook aan die gehoor gestel word en elke persoon wat ‘n vraag korrek beantwoord, sal ‘n prys ontvang.

 
Toeskouers is welkom om die geleentheid by te woon. Toegangsfooie beloop R50 per persoon, wat kerrie en rys insluit. Kaartjies is by die voorsitter Francois Fürstenburg asook Walda Calitz beskikbaar. Alle deelnemers ontvang ook ‘n prys.

 
Die vasvra-aand sorg altyd vir groot opwinding en hope pret en bied ‘n goeie geleentheid vir mense om hul eie kennis te toets.  Die vraemeester is oudergewoonte die bekwame Sybie van der Spuy.
Moenie die geleentheid misloop nie. Hierdie is die enigste aanbieding van sy soort in Heidelberg en word slegs eenmalig aangebied teenoor vorige kere wat oor vyf weke gestrek het.

 
Belangstellendes kan Francois by 083 227 1522 of Walda by 082 921 4247 vir kaartjies of deelname skakel.

 

Volg ons op:

         

Facebook      Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button