Hoërskool John Vorster kies nuwe Rotary Interact Club bestuur

Verskeie leerders van Hoërskool John Vorster is gedurende September 2017 tydens ‘n inhuldigingseremonie as volwaardige jeuglede by Nigel Rotariërs ingelyf.

As jeug-filiaal vorm die Nigel Rotary Interact Club ‘n integrale deel van Nigel Rotariërs en hul aktiewe betrokkenheid by welwillendheid in die plaaslike gemeenskap.

Daar word dus ook van Interact lede verwag om hulpvaardigheid teenoor ander aan te moedig en om by gemeenskapsprojekte betrokke te raak.
Die doelstelling van die Interact Club is ondermeer om konstruktiewe leierskap en persoonlike integriteit te herken en te bevorder en lede van die Interact Club werk nou saam met Nigel Rotariërs op verskeie gebiede.

Tydens ‘n vergadering op 13 September is die volgende leerders onder leiding van die skakelbeampte Karin Peachy as bestuurslede van die Interact Club gekies:  AJ Brandt (president), Lisarie de Lange (vise-president), JP Coetzee (sekretaris) en Alexia Kriel (tesourier).

 

Volg ons op:

         

Facebook      Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version