Mthembu tot 30 jaar gevonnis vir vier plaasmoorde

Smuts gesin gelukkig nadat geregtigheid geskied.

Delmas – Amos Mthembu (29) wat op die moorde van Gert Smuts (78) sy vrou Paulina (71), hul seun Louis (47) en skoondogter Belinda (42) skuldig bevind is, is vandag tot  30 jaar tronkstraf gevonnis.

Regter Tule-Tu Tonjeni het tydens die verhoor in Delmas Hooggeregshof beslis dat Mthembu nie sy gruweldade berou nie. Hy sal eers na 30 jaar vir borg kan aansoek doen.

Mthembu se mede-beskuldigde, Prince Mngomezulu (27) is na die Delmas Korrektiewe Dienste oorgeplaas. Hoewel hy hier vrygespreek is, word hy vir ‘n ander diefstal inhegtenis gehou.

Die gesin se reaksie op diè nuus sal binnekort gepubliseer word.

Lees ook: Plaasmoordenaar skuldig bevind

 

Volg ons op:

         

Facebook      Twitter

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version