News

Somer is om die draai – verseker jou kinders se veiligheid in en om die die wembad

Volgens inligting versamel deur die Netcare Medibank databasis oor die afgelope vyf jaar, is daar bevind dat mans en kinders die grootste risiko loop om te verdrink.

Somer is hier en namate ons die naderende skoolvakansie en feesseisoen nader waar ons afsit na strande, swembaddens en damme, bly dit belangrik om voorsorgmaatreëls te tref, voortdurend waaksaam te bly en diegene wat die weerloosste in die water is, met ? n valkoog dop te hou.

Volgens die 2011 tot 2015 databasis het kinders 63% van alle amper-verdrinkingsgevalle uitgemaak wat landwyd by Netcare hospitale opgeneem is. Die statistieke het voorts getoon dat mans die meeste die risiko van verdrinking loop en dat, 61% van pasiënte wat na omgesien is, manlik was.

Meer as die helfte van alle insidente het in Gauteng voorgekom en ?n derde in KwaZulu-Natal. Die Wes-Kaap was ?n veraf derde met 6% van alle insidente.

Die syfers vir die vyfjaartydperk toon dat swembaddens die gevaarlikste is. Agt persent van alle sterftes het voorgekom terwyl die slagoffer in die swembad was en 71% omdat die slagoffer ingeval het.

Ses persent van al die sterftes het in die bad voorgekom, waarvan die helfte was omdat die slagoffer ingeval het.

Hier is ‘n paar veiligheidswenke om te volg:

  • jong kinders (veral peuters) kan binne 30 sekondes in so min as 5cm water verdrink – sorg daarom dat almal wat bedags met jou kind te doen het van veiligheidsreëls bewus is en indien moontlik, noodhulp kan toepas;
  • lig kuiergaste en werknemers duidelik oor veiligheidsaspekte en standaarde ten opsigte van jou swembad in;
  • ‘n veiligheidsnet oor jou swembad is belangrik maar geen net, heining of opblaasvlerkies dien as plaasvervanger vir volwasse toesig nie. Moet nooit ‘n kind alleen by ‘n swembad toelaat nie;
  • dit is onverantwoordelik om ‘n ouer kind toe te laat om na jonger kinders langs ‘n swembad om te sien;
  • sorg vir prettige alternatiewe vermaak om kinders besig te hou sodra ‘n swemsessie verby is;
  • moet nooit aanvaar jou kind is swemveilig net omdat hy swemlesse neem nie. ‘n Kramp of skrik binne die water kan rampspoedige gevolge hê;
  • verwyder aanloklike speelgoed uit die swembad om versoeking te voorkom;
  • volg ‘n noodhulpkursus en sleutel noodnommers op jou selfoon in. Plaas ook noodnommers teen die muur by jou landlyn of teen jou yskas, sodat dit maklik sigbaar is;
  • indien jy op enige stadium na jou kind soek, gaan kyk eerste by die swembad of borrelbad en
  • doen navraag oor die installering van ‘n swembad alarm.

Wat om in ‘n noodgeval te doen:
In ‘n noodgeval is die eerste prioriteit om die slagoffer uit die water te kry.
Maak seker dit is veilig om die water in te gaan.
Moenie self ‘n slagoffer word nie.
As die slagoffer spartel, gee hom of haar iets om aan vas te hou, soos ?n tak of ?n dryf-apparaat. Onthou dat iemand wat paniekerig is die persoon wat probeer help ook in gevaar kan stel.

Hanteer die slagoffer met sorg om te verhoed dat ?n potensiële nek- of rugbesering vererger word. Baie mense word beseer wanneer hulle kop eerste in die water induik sonder om eers die diepte van die water vas te stel.

In geval van nood, skakel Nigel Nooddienste by 011 814 8112/3 of Heidelberg Nooddienste by 016 341 3111/3116.

Volg ons op:

         

Facebook      Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button